Registrasie & intekening sal binnekort weer beskikbaar wees
Visie:
Om 'n volhoubare kunstefees van hoë gehalte aan te bied.

Missie:
  • Aardklop is 'n jaarlikse nasionale kunstefees wat hom graag wil onderskei as 'n kunstefees van top-gehalte in Suid-Afrika.
  • Aardklop lewer 'n konstruktiewe bydrae tot die viering en ontwikkeling van die kunste in die algemeen in Suid-Afrika, binne 'n universele konteks.
  • Aardklop bied veral 'n platform vir die skeppingskrag en talent van kunstenaars uit eie bodem.
  • Aardklop is 'n toonvenster van die beste van huidige en ontwikkelende kunsteneigings in Suid-Afrika en die wêreld, en sluit ook die klassieke in.
  • Aardklop skep die geleentheid vir opwindende, opkomende talent om saam met gevestigde kunstenaars voor bestaande en nuwe Suid-Afrikaanse gehore op te tree.
  • Aardklop erken sy verantwoordelikhede ten opsigte van ontwikkeling en sosiale opheffing.
  • Aardklop het noue interaksie met ander kunstefeeste.
  • Aardklop is van huis uit Afrikaans, maar universeel in karakter, net soos Afrikaans deel is van die universele skat van geestesgoedere.

Waardes:
  • Passie vir die kunste
  • Dissipline
  • Waagmoed
  • Integriteit
  • Gehalte

Nuusbrief
Vul jou e-pos adres hier onder in om in te teken op die Aardklop nuusbrief poslys.





Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player