terug
Dit ruk in Promosa
Die ATKV is al meer as tien jaar die gemeenskapsborg vir die Aardklop Nasionale Kunstefees, met ‘n besonderse fokus op die gemeenskap van Promosa buite Potchefstroom. Talle bekende produksies en kunstenaars is al “ingevoer” vir hierdie geleentheid.
Hierdie jaar is dit egter ‘n heel ander storie. Vir Aardklop 2009 is daar seker gemaak dat daar nog ‘n platform geskep word vir die tentoonstelling van plaaslike talent. Vir hierdie doel is ‘n veldtog van stapel gestuur om plaaslike talent uit te soek en die span aan die stuur van hierdie projek is ook vanuit die gemeenskap.
Promosa loop oor van talent wat net gewag het vir die geleentheid om te ontpop en dus heet die projek “Promosa’s got talent”. Die wenners stap weg met ‘n eersteprys wat ‘n demo-cd of ‘n dansvideo behels. Dié pryse word met trots geborg deur Artéma, die Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling aan die NWU se Potchefstroomkampus.
Saam met die plaaslike musiek en dans is daar ook toneel- en dramaproduksies, kinderteater en ‘n hooffeesproduksie , Ansela van de Caab wat “Promosa gaan ruk”
| |
|
|
| |
Die span agter “Promosa’s got talent”. In samewerking met die ATKV as gemeenskapsborg skep hierdie groep jongmense van Promosa ‘n platvorm vir die ontwikkeling van plaaslike talent. |
|
| |
|
|
|