Word 'n Vriend van Aardklop en geniet uitstekende voordele, terwyl u terselfdertyd 'n waardevolle bydrae tot die kunste in Suid Afrika maak. Vir Aardklop is daar niemand so belangrik soos ons vriende nie. Dis te danke aan hierdie onbaatsugtige groep dat ons jaar-na-jaar daarin slaag om die voorste produksies op die fees aan te bied.
In ruil vir 'n jaarlikse skenking aan die fees ontvang lede die volgende voordele:
- Voorkeur besprekings (alvorens besprekings open vir die publiek)
- Vermelding in die amptelike feespublikasie
- 'n Komplimentêre feesgids
- Gratis parkering, naby die feesterrein
- Gratis toegang tot skoon toiletgeriewe op die feesterrein
- 'n skemerkelkie met die feesdireksie.
Ledegeld vir 2010 beloop R 1,000.00 per jaar (vir beide die hooflid, asook sy/haar gekose metgesel). Vir meer inligting kontak gerus vir Natasha Coetzer by (018) 294 7509 of natasha@aardklop.co.za.
|